MunicipalNews

KYK: ‘Daar moet na die monument gekyk word’ – AfriForum

AfriForum en ander belangegroepe het op Saterdag, 20 Februarie die Paardekraal Monument-gronde opgeruim.

Suid-Afrika se geskiedenis is op een merkwaardige Woensdag, 140 jaar gelede, drasties en vir ewig net hier in Krugersdorp verander.

Ons land het vir ‘n tydperk sedert 1852 sy onafhanklikheid aan die Britte prysgegee. Op 8 Desember 1880 het Suid-Afrikaanse burgers egter ‘n massavergadering teen ‘n heuwel gehou wat vandag as Paardekraalrylaan bekend staan. Daartydens is besluit om die Suid-Afrikaanse Republiek weer tot ‘n onafhanklike staat te verklaar. Hierdie besluit het dae later tot die Eerste Anglo-Boere Oorlog gelei.

‘n Plaaslike boer het die grond waar daardie byeenkoms in 1886 gehou is, aan die staat geskenk, en in 1891 is ‘n obelisk van wit klip op dié terrein opgerig ter nagedagtenis aan dié gebeurtenis.

“Die monument is van groot geskiedkundige waarde vir die dorp, en vir Afrikaans,” het AfriForum Krugersdorp-buurtwag se voorsitter Martin Lombard gesê.

Jonty Kendall en Odé du Plessis beman ‘n trekker om die grootste lot gras te sny. Foto: Jaco Human.

Martin en die AfriForum Krugersdorp-span het, met die hulp van die Paardekraal Feeskomitee, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), GP Lawnmowers, Genius Landini Tarlton en Tree Men, op Saterdag, 20 Februarie die groot taak aangepak om die monumentterrein se gras te sny en skoon te maak.

“Daar moet na die monument gekyk word. Wanneer die monumentterrein opgeruim en onderhou word, skep dit ‘n positiewe gevoel in die hele dorp.

Jan Moolman sny die gras by die Paardekraal Monument. Foto: Jaco Human.

“AfriForum Krugersdorp is nou 18 maande aan die gang en het opgelet hoe sommige areas agteruit gaan. Ons het geweet ons moet iets daaromtrent doen,” het Martin verduidelik, en bygevoeg dat dit deel vorm van hul #OnsSalSelf-veldtog om die gemeenskap se algehele voorkoms te verbeter.

Daniel Hartzer doen sy deel om die Paardekraal Monument se gras te sny. Foto: Jaco Human.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button