NewsSchools

Monnas-matrieks skop gat in 2020

'Voorspoed op jul lewenspad vorentoe. Ons weet julle gaan ons verder trots maak' – skoolhoof oor Monnas se 2020-matrieks.

Monnas se 2020-matrieks het op 23 Februarie lank voor 9vm reeds gretig gewag om hul uitslae te gaan haal.

Almal behalwe een van Hoërskool Monument se nagenoeg 280 matrieks van 2020 het geslaag, wat vir hulle ‘n uitmuntende slaagsyfer besorg het.

Willie Bezuidenhout en Tian van Vollenstee is tevrede met hul uitslae.

Johann Calitz, die skoolhoof het op hul Facebook-blad al die matrieks van 2020 gelukgewens.

Hy het gesê dat dié slaagsyfer iets is wat gedoen wil word, veral tydens ‘n moeilike en uitdagende jaar.

Marko Scheepers en Tatyana Andres nadat hulle hul uitslae gekry het.

“Voorspoed op jul lewenspad vorentoe. Ons weet julle gaan ons verder trots maak,” het hy gesê en bygevoeg dat die skool dankbaar is vir dit wat die 2020-matrieks die afgelope vyf jaar agterlaat het en die voorbeeld wat hulle gestel het.

“Een maal ‘n Monumentaar, altyd ‘n Monumentaar, liewer slyt as roes, second to none.”

Reg vir die volgende avontuur is Zelmarie du Toit, Dunelle Schade en Melista van Dyk.
Anette la Grange gee haar dogter Chanté la Grange ‘n stywe druk nadat sy haar uitslae gekry het.
Willie Bezuidenhout en Tian van Vollenstee bespreek hul uitslae.
rethabile Mohlamme glimlag breed oor haar uitslae.
Monique du Toit en Adel van der Walt het hul matriekuitslae gaan haal. Fotos: Natasha Pretorius.
Lohan Potgieter en Jaco Eloff lag lekker nadat hulle hul matriekuitslae gekry het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button