NewsSchools

Wat ‘n jaar! Nories slaag matriek met gemak

Met so baie wat teen hulle in 2020 getel het, is dit ‘n wonderwerk dat die groep 2020 Norie-matrieks so goed gevaar het in die matriekeindeksamen.

Dit was ‘n jaar wat niemand verwag het nie. Toe die matrieks van 2020 op die eerste dag van die skooljaar by die skoolhekke ingestap het, het hulle uitgesien na wat die beste jaar van hul skoolloopbaan behoort te wees.

Die prentjjie het gou drasties verander en die aanpassing by die ‘nuwe normaal’ was moeilik, veral aan die begin. Hulle het egter teruggebons, hulself reg ingestel en aan die werk gespring.

Cara van Quickelberger, Rachelle Blacquiére en Benita Steenberg het al vroeg hul rapporte opgetel. Foto: Jaco Human.

Dit is die enigste groep in die geskiedenis wat hul Graad 12-jaar grotendeels by die huis deurgebring het en aanlynklasse in hul slaapklere en pantoffels gevolg het.

Dié matrieks het uiteindelik die amper onmoontlike reggekry en kon die jaar kop omhoog afsluit. Die onsekerheid het egter bly knaag en hulle het bly wonder hoe hulle gevaar het, of hulle onderskeidings behaal het, en of hulle geslaag het.

Tarien Lensley is bly om klaar te wees met skool. Foto: Jaco Human.

Op Dinsdag, 23 Februarie het die 2020 Norie-matriekgroep vroeg reeds buite die skoolhek vol verwagting tougestaan. Die gesigte agter die maskers was helder en mens kon die glimlagte in hul oë sien.

Oud-Norie Tihani Pretorius het vertel wat sy die meeste van hoërskool sal onthou. “Dit was moeilik, veral verlede jaar; Covid was ‘n challenge”. Sy het verduidelik dat sy hierdie jaar vir eers gaan au pair en teen 2022 sal besluit wat sy wil gaan studeer.

Tihani Pretorius en Leánke Wolfaard is gereed om reeds die jaar te begin werk. Foto: Jaco Human.

Leánke Wolfaard het gesê dat sy ook definitief Covid-19 sal onthou en laggende genoem, “Ons enigste matriekjaar is in sy dinges in!” Sy het alreeds as ‘n assistent by ‘n prokureursfirma begin werk en wil daarmee voortgaan.

Marnus van Dyk gaan die pouses saam met sy maats die meeste mis. Hy gaan hierdie jaar BCIS in Game Design and Development by die Vega School in Johannesburg studeer, terwyl sy vriend Martin Bekker vir ‘n animasiegraad by Open Window gaan studeer.

Martin Bekker en Marnus van Dyk is opgewonde om te gaan studeer. Foto: Jaco Human.

Abigail Zeelie gaan oor ‘n maand na die VSA toe om te au pair, en mik om in 2022 BEd Opvoedkunde by die Noordwes Universiteit in Potchefstroom te studeer.

Chanique Stander, Mej Norie Senior 2019 au pair tans en wil graag binnekort skoonheid gaan studeer by Kohl Make Up Academy. “Daar is baie wat ek gaan mis; vriende, onderwysers en elke klein ervaring.”

Laura-Lee Thomson het vroeg haar rapport by Noordheuwel gaan haal. Foto: Jaco Human.
Marlene van der Merwe en Kayla Minnie was opgewonde om hul rapporte op te tel. Foto: Jaco Human.
Abigail Zeelie is gelukkig met haar punte. Foto: Jaco Human.
Tihani Pretorius en Leánke Wolfaard is gereed om reeds die jaar te begin werk. Foto: Jaco Human.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button