In enige hoërskool is daar leerders wat óf buite die kollig wil bly óf vier jaar lank wil werk om die titel van leier te verwerf.
Hoërskool Bastion het onlangs met trots die tien hardwerkende leerders wat as hoofleiers vir 2021 aangestel is, aangewys.

Daar is ‘n hoofdogter en -seun, asook ‘n onderhoofseun en -dogter vir elkeen van die vier portefeules van Akademie, Sport, Kultuur, en Sosiaal en Bemarking
gekies.
Die verkose Bastion-hoofleiers is:
• Hoofdogter en -seun: Sonique Basson en Ethan Jones
• Onderhoofleiers vir Akademie: Simoné Toua en Corné Swart
• Onderhoofleiers vir Sport: Mariné Lampbrecht en Corrie van Niekerk
• Onderhoofleiers vir Kultuur: Zanelle McKittrik en Armand Horn
• Onderhoofleiers vir Sosiaal en Bemarking: Melissa Oosthuizen en Michael Berning
Hoërskool Bastion wens hul nuwe hoofleiers sterkte toe en hoop dit gaan ‘n vreugdevolle jaar vir hulle wees.




