MunicipalNews

‘n Gevaarlike straat en die lang gras groei daar om

'n Plaaslike inwoner het moeg geraak om te wag dat die munisipaliteit sy straat kom skoonmaak so toe besluit hy om dit self te doen. Hy beskou die straat as gevaarlik.

In ‘n enkelhuisie in wat Memorialstraat by die Burgershoop-begraafplaas genoem word, woon Johnny Becker al vir 10 jaar.

Hy het soos talle ander besluit om sy dorp terug te neem en onlangs self voor sy huis begin skoonmaak.

Johnny se huis is in die straat tussen die begraafplaas en die Jack Cotton-tehuis. Die sypaadjie is toegegroei met gras tot teen die straat, boomtakke hang laag, en oral lê rommel rond wat mense net daar in die straat stort.

Hy het verduidelik dat in al die jare wat hy daar woon, die munisipaliteit nog nie een keer daar skoongemaak het nie. Van die bome langs die straat is dood en Johnny is bang hulle val om.

Arrie Barnard en Johnny Becker maak self die sypaadjie skoon. Foto: Natasha Pretorius.

Behalwe vir die onooglike toestand van die straat hou dit volgens hom ook gevaar in vir die voetgangers wat die pad gebruik. Vroue word aangeval omdat daar soveel wegkruipplek vir kriminele is. Die dwelmgebruikers hou ook baie van die straat en steek gereeld hul dwelms in die lang gras weg.

Die 57-jarige Johnny wil nie net die gras sny om die area netjies te laat lyk nie, hy wil ook die straat mooi maak deur ‘n rotstuin aan te lê en blomme te plant.

Toe die News op Dinsdag, 9 Maart ‘n draai gaan maak het was Johnny en sy vriend Arrie Barnard hard aan die werk om die gras te sny en te hark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button