Local newsNews

‘n Beter, veiliger Krugersdorp-Wes

Bianca Gouws, 'n kandidaat vir die hoofkoordineërderpos by AfriForum Krugersdorp se Jeug-afdeling het 'n projek aangepak om 'n skoon en veilige speelgrond vir die kinders in Krugersdorp-Wes te skep.

Donkiejare gelede was Krugersdorp-Wes ‘n vooraanstaande woonbuurt.

Vandag bestaan Krugersdorp-Wes steeds, maar daar is met verloop van tyd nagelaat om die omgewing in stand te hou. Baie van die openbare plekke soos parke, gemeenskapsentrums en sportgeriewe is verwaarloos omdat daar jare lank geen onderhoud gedoen is nie.

Bianca Gouws by die tennisbane in Krugersdorp-Wes voordat dit skoongemaak iss. Foto: Jaco Human.

“Die kinders speel nou bedags en selfs saans bal in die strate,” het ‘n bekommerde Bianca Gouws verduidelik. “Hierdie is ‘n seer oog en ‘n dwelmnes, en hou gevaar in vir die inwoners,” het Trudie Naudé, DA-raadslid bygevoeg.

Bianca is ‘n lid van AfriForum Krugersdorp en is tans ‘n kandidaat vir die hoofkoordineërderpos by hul Jeug-afdeling. Sy moet, soos al die ander kandidate vir dié pos, eers bewys dat sy in staat is om groot projekte vir AfriForum te hanteer en ‘n leier te wees.

In ‘n gesprek tussen Bianca en Trudie het die vervalle tennisbane in Krugersdorp-Wes ter sprake gekom. Die voorheen ordentlike, skoon baan het oor die jare verval tot ‘n vuil, toegegroeide stuk veld tussen die vele huise in die omgewing.

Bianca Gouws by die tennisbane in Krugersdorp-Wes voordat dit skoongemaak is. Foto: Jaco Human.

Bianca het besluit om van Donderdag, 18 Maart af elke dag aan die bane en area daar rondom te werk. Talle vrywilligers het saam met haar ingespring om met hul eie toerusting die vele bosse en lang gras te sny, die onkruid op die bane te verwyder en net in die algemeen skoon te maak.

Sy het ook ‘n borgskap vir betonmure ontvang wat sy en haar span self opgerig het.

“My mikpunt is nie meer net die jeugleierpos nie, maar veel meer om die gemeenskap te help,” het sy gesê. “Hoe meer ek vir ander kan doen, hoe beter.”

Sy hoop dat wanneer die bane amptelik heropen word, dit ‘n veilige plek sal wees waar die kinders van die omgewing sal kan speel. “Dit is ‘n groot stuk veld en ons beplan ‘n sokkerveld en ‘n netbalbaan. Ons kan selfs honde-opleiding hier aanbied, en baie ander dinge doen.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button