Local newsNews

Zoemende kuiergaste by die VLU Ridderspore-aandtak

VLU Ridderspore aandtak het onlangs tydens hul tweede vergardering vir die jaar alles geleer oor bye.

Die VLU Ridderspore-aandtak het onlangs twee gaste verwelkom tydens hulle Maart-vergadering. Twee byekenners het ‘n draai kom maak om die dames alles te leer oor bye, en hulle het dit vreeslik geniet.

Skakelbeampte Marna Benson het vertel dat dit hul tweede vergadering vir die jaar was.

Vaughan Haefele verduidelik vir die dames hoe die byeraam werk. Foto: Michelle Roodt.

Louis Bredenhann en Vaughan Haefele het al die pad van Krugersdorp af gekom om die dames te leer oor byeboerdery, hoeveel heuning bye maak en hoe hulle self bye sou kon aanhou as hulle wou.

Dit was vir almal baie interessant om soveel meer oor bye te wete te kom.

Louis Bredenhann wys die dames waaraan die bye hul korf heg. Foto: Michelle Roodt.

“Ons kom almal eenmaal per maand bymekaar en leer iets kreatiefs wat een van ons dames aanbied, of ons kry gassprekers soos Louis en Vaugh wat ons dié maand kom leer het oor bye,” het Marna vertel.

Lidia Gonsalves, Amori Gonsalves en Marna Benson. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button