Local newsNews

Sing in Laubscher-susters se gene

Susters Tenique en Kelsey Laubscher het in 2020 hul sangloopbane bevorder deur keer op keer uit te blink tydens kompetisies.

Brava! ‘n Paar Hoërskool Noordheuwel-sangers het in 2020 skoonskip gemaak tydens verskeie Eisteddfod-sangkompetisies.

Susters Tenique en Kelsey Laubscher beoefen saam hul sangtalente reeds vanaf ‘n jong ouderdom af en het besluit dat 2020 se verwikkelinge in die land nie in hul pad sou staan om hul drome na te volg nie.

Beide het talle toekennings ontvang vir hul individuele optredes.

Kelsey Laubscher het verskeie toekennings ontvang vir haar sang. Foto ingestuur.

Tenique kan nou spog met vyf A+++’e by die Teatro Eisteddfod; vier A++’e insluitend eersterondte-itemwenner by die Con Spirito Kunswedstryd; vyf A++’e by die Bedford Eisteddfod; vier gouetoekennings by die Youth Arts Festival; en by Allegretto Eisteddfod het sy weggestap met vyf A+++’e in die streeksrondte, vier A+++’e op die Showcase-vlak en twee provinsiale prestige- en twee nasionale prestige-toekennings.

Tenique is ook gevra om onlangs by die Eisteddfod Gala-aand op te tree.

Tenique Laubscher het naam gemaak tydens 2020 Eisteddfod-sangkompetisies. Foto ingestuur.

Kelsey het vir ‘n paar jaar nie aan kompetisies deelgeneem nie om op haar sangloopbaan te fokus, maar het verlede jaar besluit om weer deel te neem. Sy kon verskeie toekennings by haar versameling voeg, naamlik vier A+++’e, insluitend dié van eersterondte-wenner in al die items by die Con Spirito Kunswedstryd; en sy het by die Allegretto Eisteddfod met agt A+++’e gedurende die streeksrondte, vier A+++’e op die Showcase-vlak, en twee provinsiale prestige- en vyf nasionale prestige-toekennings weggestap. Sy het boonop die Lianie May Trofee ontvang.

Beide susters ontvang tans hul opleiding by Andre Martinez van HOTTalent Productions en beplan om nog groter hoogtes in hul onderskeie sangloopbane te bereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button