Organisasies werk saam om 750 mae te vul
Barmhartige Samaritane het onlangs 'n warm maaltyd aan 750 van Krugersdorp se behoeftigste inwoners voorsien.
Verskeie organisasies het onlangs saamgewerk om honger mae te vul.
Porra du Preez van die God Disciples Foundation het by Hulp vir jou Medemens aangesluit en saam kon die span op Sondag, 28 Maart, 750 bakkies warm gekookte kos aan behoeftiges uitdeel.

Hulle het diĆ© Sondag ‘n draai by die Tower of Life, Gracehouse Upliftment, Villa Gloria, inwoners van Burgershoop en ander straatmense gemaak.
Elizabeth Swanepoel van Hulp vir jou Medemens het die kos gekook. Sy kook gereeld sulke groot hoeveelhede kos en deel dit dan uit vir mense in die gemeenskap wat op straat woon of wat honger is.

Porra het ‘n soortgelyke organisasie, en die God Disciples Foundation help mense met kos, klere en ook ander benodighede.
Nie een van die twee organisasies kry befondsing nie, en donasies is altyd welkom.

Indien jy vir Elizabeth, of Moeder soos sy in die gemeenskap bekendstaan, wil kontak, skakel gerus 082 750 1170. Indien jy met Porra in verbinding wil tree, skakel gerus 076 065 5900.
