MunicipalNews

Lang gras in dele van Mogale: ‘Dit kan nie so aangaan nie’

DA-, AfriForum- en gemeenskapslede het besluit om self hul wyk netjies en veilig te maak toe hulle onlangs die gras gesny het.

Inwoners van Rant-en-Dal het onlangs saam met die DA en AfriForum die bosse ingevaar om ‘n veld in hul wyk skoon te maak.

Aloysha Jooste van die DA het verduidelik dat hulle gesien het dat die Mogale City-werkers net Koedoe Park se gras sny. Toe hulle vra dat die stuk gras in Strubenlaan gesny word, is net ‘n klein gedeelte daarvan gesny en die los gras is volgens Aloysha nie eers verwyder nie.

“Dit kan nie so aangaan nie,” het sy gesê en verduidelik dat hulle al ‘n paar inbrake in die area gehad het omdat die kriminele in die lang gras wegkruip.

Die DA- en AfriForum-lede het toe besluit om kragte saam te snoer en die gras te sny.

“Baie inwoners het gesê hulle sal kom help, en dié wat nie kon help nie het vir ons petrol geskenk.”

Abraham Klip het die span gehelp om die gras te laai.

Teen 10vm op Saterdag, 10 April, was Aloysha en Franco van der Westhuizen van AfriForum asook ander lede van die gemeenskap reeds hard aan die werk om gras te sny en te verwyder.

Aloysha het gesê dat hulle beplan om ander dele van Wyk 29, waar die gras nie gesny word nie, ook in die toekoms te gaan skoonmaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button