Local newsNews

‘n Gholfdag met ‘n ondersteuningsdoel

Cross Connect Community Outreach het onlangs hul jaarlikse gholfdag gehou om hul Huis Nehemiah-projek te ondersteun.

Die Cross Connect Community Outreach- (CCCO-) organisasie mik om elke maand duisende Mogale-inwoners te help om weer hul voete te vind en vir hul gesinne te sorg.

Dié niewinsgewende organisasie is ten volle afhanklik van buitebefondsing om hul projekte aan die gang te hou, daarom hou hulle af en toe insamelingsprojekte. Hul jaarlikse liefdadigheidgholfdag het ‘n belangrike datum op die kalender geword.

Pine Pienaar mik vir die putjie. Foto: Jaco Human.

Op Vrydag, 16 April het die stigter van die organisasie, pastoor Kyle Tolman en sy span hul tweede gholfdag vir talle van hul ondersteuners aangebied.

“Die gholfdag is redelik belangrik want dit skep bewusmaking van CCCO en die werk wat ons doen,” het Kyle verduidelik. “Die doel van die gholfdag was om fondse in te samel vir ons nuwe plek van veiligheid – Huis Nehemiah – vir ma’s en kinders wat tydelike skuiling nodig het.”

Kyle Tolman speel vanaf die skoonveld. Foto: Jaco Human.

Verskeie instansies het pryse ter waarde van sowat R60 000 vir die CCCO-gholfdag geborg, wat aan bepaalde spelers toegeken is.

Hulle het hul insamelingsteiken met die gholfdag bereik, maar sal nog fondse op ander maniere moet insamel om hul doel om die huis te stig te bereik.

Anton Ferreira slaan af by die eerste putjie. Foto: Jaco Human.

Kyle het gevra dat enigiemand wat sou wou bydra om hul plek van veiligheid maandeliks te ondersteun, dit in hul bankrekening kan inbetaal. Hul bankbesonderhede is: Rekeninghouer: CCCO; FNB tjekrekening; Rekeningnommer 62697516866; Verwysing: Huis Nehemiah.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button