Local newsNews

‘n Vertoning en liefdadigheid als op een aand

Die Windpomp het onlangs 'n vertoning van Juan Boucher aangebied en het 'n deel van die kaartjieverkope se opbrengs gebruik om 'n rolstoel aan die Rene's Lily-projek te skenk.

‘n Tragiese ondervinding ‘n paar maande gelede het ‘n plaaslike sanger laat besluit dat sy ‘n verskil wil maak. Net onlangs is haar stoutste verwagtings oortref tydens ‘n Juan Boucher-vertoning.

Drie maande gelede is Kay-Bee Rex se skoonsuster oorlede aan borskanker maar sy het besluit dat sy na hierdie hartseerondervinding ander wil help. Sy het toe met die Rene’s Lily-projek begin. Die doel van die projek is om geld in te samel en dan rolstoele aan te koop wat aan mense geskenk sal word wat dit nodig het maar nie kan bekostig nie.

Op Vrydagaand, 23 April, het die gewilde sanger Juan Boucher ‘n draai by die Windpomp-kroeg in Kenmare gaan maak. Die kroegbwstuur het besluit om ‘n deel van die opbrengs van die kaartjieverkope te gebruik om ‘n rolstoel te koop en aan die Rene’s Lily-projek te skenk.

Kay-Bee het vertel dat sy al vir 10 jaar as sanger optree. Toe sy die projek begin het, het sy besef dat sy haar vertonings ook kan gebruik om geld in te samel. Die rolstoele wat sy koop met die geld wat sy insamel wil sy graag aan vroue en kinders skenk wat aan kanker ly.

Hulle het voor Vrydag se vertoning reeds twee rolstoele oorhandig en kon teen Vrydag nog twee bekom. Dit was ‘n groot verrassing toe die Windpomp-bestuur hulle vertel het dat hulle die vyfde een ook aan die projek geskenk het.

Op Sondag, 25 April het hulle nog ‘n rolstoel oorhandig, dié keer aan die Stepping Stones in Alberton, en Kay-Bee het gesê dat hulle nog op soek is na mense wat die ander twee rolstoele kan gebruik.

Sy het vertel dat hulle met die projek beoog om teen einde Desember 10 te kan weggee. Sy het gesê dat God goed is vir hulle aangesien hulle reeds vyf rolstoele kon koop.

Kay-Bee vra dat mense by hulle Facebook-blad, Rene’s Lily, aansluit om die woord te versprei en hulle sal help om nie net geld in te samel vir nog rolstoele nie, maar ook om mense te identifiseer wat hierdie rolstoele nodig het.

Terwyl Juan Boucher ‘n blaaskansie geneem het, het Kay-Bee die gehoor met haar sang vermaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button