Local newsNews

Lekker broodjies vir Pango-kampinwoners

Jacobus Myburgh, die Mnr Krugersdorp 2020 2de Prins het onlangs sy besoek aan die Pango Kamp in Munsieville beskryf as 'n geleentheid om terug te gee

Jacobus Myburgh, die Mnr Krugersdorp 2020 2de Prins het onlangs sy besoek aan die Pango Kamp in Munsieville beskryf as ‘n geleentheid om terug te gee.

Saam met ander ondersteuners en met die hulp van borge kon hy onlangs vir die inwoners lekker toebroodjies gaan uitdeel.

Jacobus Myburg gee ‘n broodjie oor die heining aan.

“Ek was etlike jare gelede in Munsieville en dit was vir my opvallend hoe baie dit oor die jare verander het; die swaarkry hang sterk in die lug,” het hy na sy besoek aan die kamp gesê.

Hy het bygevoeg dat al die swaarkry vir dié wat daar bly ‘n lewenswyse geword het. Volgens hom het elke persoon wat ‘n broodjie geneem het dit met dankbaarheid gedoen het.

“Vir my was die besoek weer ‘n kans om na ‘n mens se eie lewe te kyk en te besef hoeveel ons eintlik het om voor dankbaar te wees.”

Almal het ‘n toebroodjie gekry tydens die uitreik.

Hy het bygevoeg dat die kinders en diere vir hom honger gelyk het en hulle gesigte hom sal bybly.

“Geen persoon of dier verdien dit om honger te wees nie. Ons het besluit om broodjies uit te deel juis omdat ons weet hoe baie mense dit sal waardeer.”

Hy het almal bedank wat hom gehelp het om die dag moontlik te maak en gesê dat hulle nog ‘n uitreik beplan vir 15 Mei. Indien iemand wil betrokke raak kan hulle vir Wilma of Hendrik de Goede skakel by 072 815 6248.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button