Local newsNews

De Koker-familie groet onderwyslegende

'Ons groet ‘n groot legende wat so ‘n groot impak op leerders, hul ouers, kollegas, familie en vriende gemaak het.'

Theofilus de Koker, ‘n bekende onderwyser en ‘n Krugersdorper in murg en been is op die ouderdom van 79 oorlede.

Volgens sy dogter, René de Koker-Lamprecht het haar pa op 30 April tuis in sy slaap weens natuurlike oorsake gesterf.

Wyle Theofilus de Koker. Foto ingestuur.

Theofilus het onderwys gegee by die ou Discovery-skool, die Hoër Handelskool vir Dogters, Hoërskool Jan de Klerk en Hoërskool Florida, en het ook afgelos by Hoërskool Monument.

“Ons groet ‘n groot legende wat so ‘n groot impak op leerders, hul ouers, kollegas, familie en vriende gemaak het. Hy was so geliefd onder al die mense. My pa was altyd vriendelik, hulpvaardig en nederig, en hy sou met enige een ‘n geselsie aanknoop.”

Wyle Theofilus de Koker. Foto ingestuur.

René het haar pa as diep godsdienstig beskryf, en as iemand wat altyd vir die siekes en verpleegpersoneel gebid het.

“Hy het ‘n hart van goud gehad en mens sou hom gereeld in die winkelsentrums en koffiewinkels raakloop. Die sirkel van die lewe het volheid bereik in sy lewe, maar ons vind troos dat hy nou in die Hemelse woning is.”

Theofilus word oorleef deur sy vrou Estelle, kinders, kleinkinders, en sy twee ouer broers Harry en Fanie de Koker.

Die familie bedank graag vir Thinus Lamprecht (René se man), Renier Henning (K9), Dr JP Nel, Netcare se ambulansdienste en Avbob vir hulle bystand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button