As jy soos AfriForum ‘gat’-vol is vir slaggate, hoekom word jy nie deel van die oplossing nie?
AfriForum wil weet of daar ‘n slaggat in jou area is wat jou jou hare uit jou kop wil laat trek. Al wat jy hoef te doen is om ‘n foto van die slaggat, die adres en die grootte van die gat na AfriForum Krugersdorp se WhatsApp-groepnommer 079 390 3122 te stuur, en dan sal hulle vir jou teer bring om die gat te vul.
Hulle nooi inwoners van Tarlton, Muldersdrift en Krugersdorp om deel te word van die oplossing en self die gate te vul.
Martin Lombard van die organisasie het gesĂȘ daar is gewoonlik twee sakke teer nodig om een vierkante meter te vul. AfriForum het 280 sakke teer om uit te deel, wat beteken daar kan 140 vierkante meter gevul word.
Neem na die tyd ‘n foto en stuur dit vir hulle. So maak jy ‘n verskil in jou dorp.
