Bella is die News se Solve It Squad-wenner vir April
Die sewejarige van Krugersdorp-Wes is die News se Solve It Squad-wenner vir April.
Die energieke en vriendelike sewejarige Bella Theron is hierdie maand die gelukkige wenner van ons Solve It Squad kompetisie gewees.
Bella het opgewonde vertel dat sy veral die raaisels geniet waar jy jou pad na die eindpunt moet vind. Haar prys was ‘n pakkie vol prinses pryse, wat baie mooi by haar pas, want het sy vertel, sy hou van prinsesse en veral van Frozen se Elsa.
Wanneer Bella nie inkleur nie hou sy ook van sport en het trots vertel dat sy binnekort by ‘n netbal klub gaan aansluit. Die slimkop doen tuisonderig en haar gunsteling vak is Wiskunde.
Sy gaan hierdie prinses prys met haar maatjie en tannie die 10-jarige Esmerleda van Vollenstee deel.
