‘n Helpende hand van Afriforum se kant
Afrifroum het die afgelope naweek besluit om 'n helpende hand te gaan bysit by die Hopleands Village babatehuis in Magaliesburg om hul nuwe perseel te help opknap.
Afriforum lede en vrywilligers het onlangs weer hul harte oopgemaak vir hul gemeenskap toe hulle ‘n draai by Hopelands Village se nuwe perseel gaan maak het.
Op 29 Mei het Afriforum se Krugersdorp tak by die tehuis vir verlate en verwaarloosde baba’s herstelwerk gaan doen.
Andrea van Wyk, Afriforum skakelbeampte, het verdudielik dat die tak se bemarkingspan gehelp het met opknappingswerk by die nuwe perseel. Hulle het gehelp met elektrisiteitswerk, verwerk, bome en gras gesny en ook ander klein take uitgerig.
Afriforum Krugersdorp se voorsitter, Martin Lombard, het vertel dat dit ‘n spesiale dag was en gesê; Ons harte gaan uit na dié mense wat dag na dag hul lewens opoffer vir ander. Die jeug van môre het weer ’n kans op ’n goeie lewe danksy plekke soos Hopelands Village. Die tak is trots daarop om deel te wees van sulke projekte.”
Die Wes Rand se distrikskoördineerder, Stephan Blignaut, het vertel dat dit vir hom ook bemoedigend was dat die gemeenskap bereid is om hul naweke op te offer om ‘n verskil in die lewe van weerlose kinders te maak.
