NewsSchools

KYK: Covid-19-gevalle by Nories: Hoof en departement praat

Die Departement van Basiese Onderwys het bevestig dat talle Noordheuwel-leerders en onderwysers in isolasie is, maar dat die situasie korrek hanteer word.

Daar is hierdie week bekendgemaak dat Hoërskool Noordheuwel talle Covid-19-gevalle gehad het en onmiddellik stappe begin neem het om die toestand onder beheer te kry.

Die Departement van Basiese Onderwys het kommentaar op die situasie gelewer en Steve Mabona, die Gauteng Onderwysdepartement se woordvoerder het gesê dat die Departement bevestig dat daar Covid-19-gevalle by Hoërskool Noordheuwel aangemeld is. Vandag, 3 Junie was daar 43 aktiewe gevalle onder die leerders, sewe aktiewe gevalle onder die onderwysers, en nagenoeg 100 persone is in isolasie. Die skool kan gesluit word indien die Departement van Gesondheid dit sou aanbeveel, maar die nodige assesserings moet eers gedoen word. Die skool rapporteer daagliks hul gevalle by die Onderwys- en Gesondheidsdepartement, en laasgenoemde sal aanbevelings daarvolgens doen.

Mabona het ook bevestig dat alle Covid-19-protokols in plek is. Nie een van die bogenoemde gevalle kan met die skool verbind word nie. Elke positiewe geval is teruggespoor tot by die leerders se huise of sosiale byeenkomste. Die skool is deurgaans in kontak met ouers deur die gepaste kommunikasieplatforms. Die departement verseker altyd dat protokols by skole en huise nagekom word. Die skool sorg ook dat protokols nagekom word. Die gemeenskap as ‘n geheel moet saam staan in die stryd teen Covid-19, het Mabona afgesluit.

 

Dawie Kriel, Noordheuwel-skoolhoof het in ‘n video aan leerders en ouers gesê, “Daar is meer as 100 kinders wat isoleer. Wat vir my egter baie ontstellend is, is dat dit my matriekleerders is. Ek moes nou as gevolg van 40-days, wat verlede week Donderdag gehou is, seker al naby 20 leerders stuur om te gaan isoleer. Ek kan eintlik nie my teleurstelling verwoord as ek dink hoe onverantwoordelik ons leerders en ook ons ouers is nie.

“As u dink dat dit die regte ding was om u kind na 40-days toe te stuur waar kinders sonder maskers met mekaar verkeer het, dan dink ek u moet so ‘n klein bietjie stilte vat en gaan dink oor waarmee u besig is.

“As gevolg van 40-days sit ons met vier tot vyf ekstra matrieks wat positief getoets is. Ons sit met byna 30 of 40 matrieks wat ek moes stuur om te isoleer. Dis twee weke voor die Junie-eksamen.”

Sonet Guy, Noordheuwel-kommunikasiebeampte het bygevoeg, “Die Hoof en personeel van Noordheuwel volg alle Covid-19-protokolle. Ons saniteer leerders elke oggend by die hek en elke periode, en klasse word ook na skool gesaniteer. Noordheuwel versoek ouers om noue sorg te neem dat leerders ook buite die skoolgronde versigtig sal wees en alle nasionale Covid-19-protokolle volg.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button