CrimeNews

Huisbrake aan die toeneem in Mogale, waarsku EPR

EPR Sekuriteit het hul jongste misdaadverslag bekendgemaak – van aanranding tot vyf huisbrake is gerapporteer.

Huisbrake is besig om toe te neem in Mogale City, het Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR-sekuriteit gewaarsku.

Die sekuriteitsmaatskappy het onlangs hul jongste misdaadverslag bekendgemaak wat toon dat daar in slegs ses dae vyf huisbraakinsidente aangemeld is. Daar was ‘n totaal van 13 insidente.

Dinsdag, 1 Junie:
• Natuurskade by ‘n besigheid in Jacksonstraat, Factoria

Donderdag, 3 Junie:
• Huisbraak by ‘n woning in Andries Pretoriuslaan, Monument
• Voertuigdiefstal by ‘n besigheid in Fransenstraat, Chamdor
• Saakbeskadiging by ‘n besigheid in Joubertstraat

Vrydag, 4 Junie:
• Diefstal by ‘n woning in Pilansbergstraat in Noordheuwel
• Saakbeskadiging by ‘n besigheid in Paardekraallaan in Krugersdorp-Noord
• Huisbraak by ‘n woning in Swartbergstraat, Noordheuwel
• Saakbeskadiging by ‘n besigheid in Sewendestraat, Krugersdorp-Noord
• Huisbraak by ‘n woning in Clarestraat, Kenmare

Saterdag, 5 Junie:
• Huisbraak by ‘n besigheid in Pretoriastraat
• Huisbraak by ‘n besigheid in Ontdekkersweg
• Roof by ‘n besigheid in Krugerstraat

Sondag, 6 Junie:
• Aanranding by ‘n besigheid in Kalkstraat, Waterval

Johan het inwoners gemaan om meer oplettend en paraat te wees, en te verseker dat hul veiligheidshekke te alle tye gesluit bly.

Mede-inwoners en werkers moet dit deel van hul roetine maak om nie deure en hekke oop te maak vir enige vreemdes nie, maar slegs vir vooraf gereëlde en bevestigde afsprake.”

Hy raai ook inwoners aan om met hul sekuriteitsfirmas te reël dat hulle hul paniekknoppie ten minste een keer ‘n maand toets om te verseker dat dit nog werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button