Voormalige raadslid Sakkie Horn sterf
'Sy afsterwe laat 'n groot leemte in baie mense se harte' – familie na die afsterwe van voormalige raadslid en jarelange inwoner, Isak 'Sakkie' Horn.
‘n Voormalige raadslid van Krugersdorp, Isak Horn, of Sakkie soos hy bekend was, is onlangs oorlede.
Die 75-jarige Sakkie is op 16 Junie met Covid-19 gediagnoseer en het vier dae later, op 20 Junie gesterf. Hy was ook ‘n diabeteslyer.

Renier Schonken het vertel dat sy skoonpa baie belang gestel het in die politiek en dit het daartoe gelei dat hy van 1995 tot 2005 ‘n raadslid in die Lewisham- en Mindalore-areas was.
Renier het vertel dat Sakkie baie passievol was oor sy gemeenskap en altyd gewillig was om te luister en te help waar hy kon.

Hy het ook lekker kos en kuier saam vriende en familie geniet.
Sakkie en sy vrou Willa is nagenoeg 53 jaar gelede in Witbank getroud. Hulle het in 1978 Krugersdorp toe verhuis, en Sakkie was jare lank ‘n treindrywer in Braamfontein. Die twee het drie kinders, agt kleinkinders en een agterkleinkind.

Lees ‘n vollediger artikel in volgende week se News.
