Vroue raak kunstig saam met bekende skilder
Nagenoeg 100 vroue kon onlangs saam met Riëtte Delport, oftewel Rut, kuns beoefen.
Talle vroue kon onlangs hul kreatiwiteit uitleef tydens ‘n kuns- en découpage-klas saam met bekende kunstenaar Riëtte Delport, ook bekend as Rut.
Riëtte kom een keer ‘n jaar van Mosselbaai af om haar kuns aan die Wes-Rand uit te stal. Op Saterdag, 26 Junie, het 98 vroue in twee groepe dié klas tydens ‘n kunsdag by die Krugersdorp Rolbalklub bygewoon.

Eliza van Zyl wat gehelp het om die funksie te reël het vertel dat die vroue kopieë van Rut se kunswerke op drie borde ge-découpage het.
Behalwe dat hulle hul kunsdrome kon uitleef kon die vroue ook hul eie kunsbenodighede by die stalletjies koop vir hul projekte by die huis.

Elize het gesê dat die kunsdag gereël is om vroue te leer om mooi goed te maak, hulle op te hef, en vir hulle ‘n bietjie tyd te gee om hulself te geniet.

