Massa eerbiedpatrollie beplan vir 18 Julie
AfriForum Krugersdorp hou op 18 Julie 'n eerbiedpatrollie as 'n teken van ondersteuning in hierdie moeilike tyd.
Die AfriForum-span beplan om binnekort ‘n kersaansteekpatrollie te hou en hulle wil die gemeenskap vra om ook ‘n kers aan te steek.
AfriForum Krugersdorp-voorsitter Martin Lombard het op die organisasie se Facebook-blad gesê dat die nagevolge van Covid-19 almal raak, hetsy dit die inperkings reëls is wat finansiële struweling veroorsaak of die verlies van ‘n geliefde of vriend.
“Ongelukkig is daar geen towerstaffie wat dit kan beter maak nie. Daar kan slegs ondersteun word.”
Daarom het die AfriForum Krugersdorp-span besluit om ‘n respek en eerbiedpatrollie te hou, Sondag, 18 Julie van 5nm tot 9nm.
Die patrollie sal by die Khosa Sportklub begin in Kenmare en deurbeweeg na Oatlands waar daar ‘n massa gebed sal wees. Die presiese roete sal voor dan deur Afriforum bekend gemaak word.

Hulle vra dat die mense wat op die roete bly asseblief ‘n kers sal aansteek en by hul hek sal hou.
“Dit sal wees ter nagedagtenis aan almal wat ons verloor het, ons nood personeel wat werk tydens die pandemie, en almal wat net ‘n gebed nodig het.”
