Local newsNews

Sewejarige wil ‘n verskil maak in mense, diere se lewens

Amé Roets gebruik haar platform as Miss Petite Krugersdorp-finalis om ander in die gemeenskap te help.

p sewe jaar oud beplan die jong Amé Roets reeds om baie vir haar gemeenskap te doen – soos om fondse vir ander in te samel.

Sy het in haar Graad 1-jaar by Laerskool Krugersdorp-Noord reeds die eerste groot tree in die skoonheidswêreld gegee en vir hierdie jaar se Miss Petite Krugersdorp-kompetisie ingeskryf. Sy is boonop as een van die finaliste aangewys.

As deel van die kompetisievereistes moet deelnemers betrokke wees by liefdadigheidsuitreike, insamelings doen en persoonlike borge vind. Amé het reeds ondervinding in liefdadigheidswerk en dit was dus nie vir haar moeilik nie.

“Ek het voorheen die WAS Foundation ondersteun met skoene en Kersfeesbokse vir kinders, en het kos vir minderbevoorregte mense ingesamel. Vir die kompetisie het ek ‘n bed vir St Laurence’s Children’s Haven geskenk, en het ook kolwyntjies, kouse en koekies met ‘n mooi boodskap aan die oumas en oupas van die Moria Residentia-ouetehuis oorhandig. Vir Hope for Zayden het ek ‘n fondsinsameling begin en al geld begin stuur vir hul gesin. Daar is ook ‘n borg vir Jayden se mamma gekry om haarself te bederf. Ek wil graag ook vir die DBV dierekos en komberse insamel, en geskenksakkies vir die kindertjies van Bethany House gee.”

Sy het Moria op Maandag, 12 Julie besoek om die stres van die Covid-19 tydperk effens vir die bejaardes te verlig.

Hope for Zayden is ‘n projek wat tans aan die gang is om vir baba Zayden van Niekerk van Roodepoort – wat aan ‘n ventrikulêre septale defek lei – te help. Amé hoop om genoeg geld in te samel om ‘n impak op die projek te maak, en by te dra tot die koste van Zayden se behandeling.

Ma Petra het vertel hoe trots sy is. “Amé het ‘n sagte hart, veral vir diere. Sy wil eendag ‘n veearts word. Sy het ingeskryf vir Miss Petite omdat dit nie vir haar lekker is om heeldag by die huis te sit nie. Sy wil ‘n verskil maak in mense en diere se lewens.”

Amé het gesê, “Ek wil ‘n voorbeeld wees vir dogtertjies van my ouderdom om mense te help en om te deel, want dit gaan nie oor ryk wees nie. Solank mens kan liefhê en kan omgee, kan jy klaar ‘n verskil maak en ‘n glimlag op iemand se gesiggie sit.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button