Local newsNews

#Onluste: Pak ‘n noodboks en help ander in KZN

AfriForum Krugersdorp het 'n noodboksprojek geloods om dié wat benadeel is deur die onluste by te staan. Hier is hoe jy betrokke kan raak ...

Na die verwoestende onluste in die land het Suid-Afrikaners net weereens bewys dat hulle kan saamstaan wanneer dit saak maak.

AfriForum Krugersdorp wil ook graag hul deel doen om die landsburgers wat sukkel na die onluste by te staan en daarom het hulle besluit om hande te vat met Solidariteit Helpende Hand en ‘n noodboksprojek te loods.

Daar is twee maniere waarop inwoners betrokke kan raak by die projek. Die eerste is om fondse te skenk deur ‘n betaling te doen in die AfriForum-bankrekening (besonderhede is op AfriForum Krugersdorp se Facebook-blad).

Die ander manier hoe jy kan help is om ‘n noodboks te pak en dit by een van die afleweringspunte te gaan aflaai. Die bokse moet geseël wees omdat hulle ontsmet moet word. Die basiese benodighede moet in ‘n boks wees en sal nie los aanvaar word nie.

Jy kan die boks vul met mieliemeel, koekmeel, rys, hawermout, kookolie, gis, langlewemelk/ melkpoeier, sout, tee, suiker, energiestafies, toiletpapier, bleikmiddel/ saniteerder, seep, babadoeke en blikkieskos soos gebakte boontjies in tamatiesous, vis, Weense worsies en boeliebief.

Hierdie noodbokse kan by enige van die volgende plekke afgelaai word:

• Batterystraat 1 in Wentworthpark van Maandae tot Vrydae tussen 14:00 en 17:00, of op Saterdae tussen 10:00 en 14:00
• Die AfriForum Krugersdorp-kantore bo die poskantoor in 4de Straat van Maandae tot Vrydae tussen 14:00 en 17:00

Jy kan jou noodboks met die volgende vul. Foto verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button