Local newsNews

Plaaslike sanger se lied van vrede ‘n treffer

"En gee ons hoop; en gee ons vrede; en gee ons die krag om weer net te lewe," is lirieke uit bekende kunstenaar Tertius Swanepoel se nuwe vredeslied, 'n Land met vrede.

Tertius Swanepoel is ‘n Afrikaanse kunstenaar wat met sy unieke stem sy stempel op die musiekwêreld afdruk. Hy het onlangs sy nuwe enkelsnit ‘n Land met vrede bekend gestel, en die tydsberekening kon nie meer perfek wees nie.

Tertius is ‘n Krugersdorper in murg en been en het musiek in sy are. Al is ‘n Land met vrede nie sy eerste treffer nie is dit wel ‘n gepaste lied wat as ‘n tipe vryheidslied beskou kan word, maar in plaas van vryheid bepleit hy ook vrede. Met lirieke soos, “En gee ons hoop; en gee ons vrede; en gee ons die krag om weer net te lewe …” voel dit asof dit dalk net die boodskap is wat nou nodig is.

‘n Land met vrede is so om en by drie weke gelede bekend gestel en volg op sy bekende lied Altyd in my hart wat vir weke al op Bosveld Stereo se top 20 rondhang.

“Ek het ‘n Land met vrede geskryf vir die mense van ons land. Mense lewe net vir hulself, of dit nou hartseer bring of nie, of dit nou God se goedkeuring wegdra of nie. Met die lied pleit ek om vrede en vergifnis; ons sal sterker teen die vyand kan staan as ons mekaar vergewe en liefhet,” het Tertius gesê.

Hy het hierdie lied ‘n jaar gelede begin neerpen en aan die News vertel dat sy musiek deur sy eie emosies geïnspireer word. Hy glo dat goeie musiek die wêreld kan verander.

‘n Video word binnekort van die lied geskiet, maar jy kan solank hier daarna luister: 

 

Lees meer oor Tertius in volgende week se Krugersdorp News.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button