Local newsNews

Skoolskoene vir behoeftige kinders

'n Plaaslike inwoner vra haar gemeenskap om te help skoolskoene insamel vir behoeftige kinders.

Plaaslike inwoner Maryke Engelbrecht doen ‘n beroep op haar gemeenskap om hul harte oop te maak en skoolskoene te skenk aan kinders wie se ouers/ voogde dit nie kan bekostig nie.

Maryke, wat by Gaylin Estates in Northcliff werk, het vertel dat die eiendomsagentskap se Gaylin Cares-inisiatief heel jaar aan die gang is, en verskillende projekte aanpak en ondersteun.

Sy het vertel dat hulle op skoolskoene fokus omdat daar so baie kinders is wat sonder skoene skool toe gaan omdat hul ouers/ voogde nie skoene kan bekostig nie.

Hulle is nie kieskeurig oor die tipe skoene wat geskenk word nie, maar vra dat dit in ‘n goeie toestand of nuut moet wees. “Kinders ontgroei hul skoene so gou.”

Die geskenkte skoene sal aan kindershuise en gemeenskappe uitgedeel word. Die projek duur tot 31 Augustus en enigiemand wat wil skoolskoene skenk kan dit in die blou Gaylin-boks by die Rant-en-Dal Spar gaan neersit. Maryke kan ook by 082 771 2472 of Annelize by 082 689 2906 gekontak word om die skoene te gaan oplaai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button