EPR Sekuriteit het in hul jongste misdaadverslag bekendgemaak dat 17 insidente in die tydperk tussen 19 en 25 Julie aangemeld is.
Ses van hierdie 17 insidente was diefstal, drie was huisbraak of poging tot huisbraak, en drie was roof.
Agt van hierdie insidente het by besighede plaasgevind terwyl nege by wonings was.
Algemene bestuurder van EPR aan die Wes-Rand, Johan Krogh het gesĂȘ, “Die afgelope week het ons ‘n toename in gewapende rowe in die area gehad, hoofsaaklik gedurende die week. Naas die rowe was daar ook ‘n toename in diefstal in die area.”
Hy het inwoners gemaan om paraat en oplettend te wees.
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
