Local newsNews

Mejuffrou Krugersdorp-finalis dra haar gemeenskap op die hart

Melissa Nieuwoudt, 'n finalis in die Mejuffrou Krugersdorp-kompetisie is 'n Hoërskool Noordheuwel-onnie wat graag ander help.

Liefdadigheid en skoonheidskompetisies gaan hand aan hand.

Dit is belangrik dat deelnemers nie nethul uiterlike skoonheid ten toon stel nie,maar ook wys dat hulle goeie harte het. Vir Melissa Nieuwoudt het liefdadigheidnog altyd natuurlik gekom.

“Ek het altyd ‘n idee in my mou om te help, anders skep ek ‘n rede om te help enbetrokke te raak. Ek het veral ‘n passie virkinders.”

Sy was al betrokke by projektevir Mandela-dag, Hope for Women, en het‘n tronkbesoek afgelê en speelgeod geborgvir kinders wat daar gebore is. Sy het ookonlangs as ambassadeur vir Kai Ros seTrauma Bunnies-projek begin optree.

Melissa is tans ‘n Engels-onderwyser byHoërskool Noordheuwel maar haar pad totby die onderwys was nie altyd so duideliknie. Na skool het sy bemarking en reklameaan die voormalige Randse AfrikaanseUniversiteit (UJ) studeer en is daarnaAmerika toe vir net minder as vyf jaar. Nadat sy haar pad weer terug Suid-Afrikatoe gevind het, het sy onderwys studeer enis vir die afgelope 15 jaar ‘n onderwyser.

As ‘n jong dame is ek baie geboelie opskool, en ek wou nie skool toe gaan nie. Ek het permanent gehuil en het gereeld in mymoeder se kas weggekruip. Dit het natuurlik nie altyd gewerk nie. Ek is selfs in diehoërskool deur my onderwysers geboelie. Ek het besluit om die onderwyser te wordwat ek nooit gehad het nie.”

Sy hoop om ‘n goeie voorbeeld vir haarleerders te wees, maar wil nou ook graag‘n rolmodel vir ander buite die skool word. Daarom het sy hierdie jaar ingeskryf vir die Mejuffrou Krugersdorp 2021/ 2022-kompetisie en is onlangs as ‘n finalis aangewys.

“Ek was agt toe ek aan my eerstemodelskool se kompetisie deelgeneem het.Ek was bitter skaam en my ma moes myletterlik tot op die verhoog stoot. Ek hetnet na die ligte en gesigte gestaar en skoonvergeet om te loop. Met ondervinding en na baie jare het ek die Mrs Centurion-titel in 2013 gewen.

Marinda Troskie, Margareth Jonker, Melissa Nieuwoudt en Barend Kotze doen ‘n skenking aan Grace House. Foto: Jaco Human.

“Daarna het ek in die top drie geëindigin kompetisies soos Trade Route Mall,Pretoria Loyalty, Royal Beauty asook MrsJacaranda.”

Vir die Mejuffrou Krugersdorp 2021/2022-kompetisie snoer sy kragte saam metRandfontein-deelnemers pastoor BarendKotze, Magareth Jonker en Marinda Troskie om donasies in te samel vir die GraceHouse Upliftment Centre in Krugersdorp.

Saam het hulle reeds ‘n vrag speelgoed, mans- en vroueklere, babadoeke en voedselingesamel. Hulle het ook maskers, handskoene en ontsmetmiddels uitgedeel vir diebehoeftiges wat daar skuiling gevind het.

Die pragtige gesindheid waarmee hulle gebroke lewens laat tuis voel sonder om te oordeel het vir my uitgestaan. ‘n Mens hoor ook baie stories dat die goedere nie eers by die mense uitkom nie, maar hier word daar werklik op ‘n besonderse manier na elkeen omgesien. Hulle moedig ook almal aan om werk te soek wanneer hulle rustiger is. Daar word saam gebid, gesing en op ‘n Christelike grondslag hoopgebring,” het Melissa verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button