Local newsNews

Hengelklub groet een van hul lede

Die Wes-Rand Hengelklub moes onlangs afskeid neem van een van hul lede, Willie Opperman.

Daar is ‘n groot leemte by die Wes-Rand Hengelklub nadat een van hul lede, Willie Opperman, op 19 Julie oorlede is.

Die 67-jarige Willie was vir vyf jaar deel van die klub en het ‘n persoonlike rekord opgestel toe hy ‘n graskarp van 5,4kg by Mihanzi naby die Vaaldam gevang het.

“Hy het altyd grappies met almal gemaak, en het baie tyd vir sy medemens en gesin gehad,” het Anja Meyer van die klub vertel.

Sy het bygevoeg dat hy ‘n groot liefde vir kitaarspeel en sing gehad het, en baie by die klub betrokke was. Sy het vertel dat hulle hom sal onthou vir sy nederigheid en sy liefde vir sy Skepper.

Willie word oorleef deur sy vrou Magda met wie hy 39 jaar getroud was, sy dogter Laurika, skoonseun Andre en twee kleinkinders, Dylan en Danika.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button