Local newsNews

Nie eers Covid-19 kry Esperança Foundation onder nie

Die Esperança Foundation het vanjaar reeds baie terugslae gehad en moes selfs hul skoonheidkompetisie kanseleer as gevolg van die inperking. Maar Yolande Pestana sê dit sal hulle nie keer om ander te help nie.

Die Esperança Foundation het op Vrouedag met trots hul nuwe kantore in Krugersdorp-Wes geopen deur nagenoeg 100 pakkies sanitêre doekies en tandeborsels uit te deel.

Yolande Pestana van die organisasie het gesê dat die afgelope tyd nie maklik was vir hul organisasie nie, maar dat hulle steeds alles in hul vermoë doen om behoeftiges te help.

Die sanitêre doekies is deur Piet en Zeni Nel, verteenwoordigers van die Short Statured Persons of South Africa, aan Esperança geskenk.

As gevolg van Covid-19 moes hulle noodgedwonge hul winkel toemaak. Met die nuwe kantore en die kleiner winkel is hulle stadig weer besig om die organisasie op sy voete te bring.

Aan die begin van die jaar het Yolande en haar span gedink dat hulle steeds sou kon voortgaan met hul Mnr en Mev Attitude-kompetisie, wat vir hulle fondse sou inbring vir die Blessing Bags wat hul aan gesinne in die omgewing uitdeel.

Ongelukkig moes hulle die kompetisie kanselleer, want weens die inperkingsreëls kon hulle nie ‘n lokaal kry waar hulle almal veilig kon akkommodeer nie.

Ons kon dit ook nie op sosiale media aanbied nie want die mense het nie almal die data ensovoorts om te kon deelneem nie.”

Die organisasie het nou meer as ooit ondersteuning nodig en Yolande het vertel dat hul Blessing Bags deesdae meer uit kos bestaan omdat dit die nodigste is, en omdat dit die enigste donasies is wat hulle tans inkry.

Petro Cloete, Yolande Pestana en Claudette Pestana van die organisaisie. Foto: Natasha Pretorius.

“Ons het sedert Covid-19 begin het nog nie een finansiële donasie gekry nie,” het sy vertel, en verduidelik dat hulle ongeveer 100 gesinne, tehuise en kinderhuise en nog ander help met die donasies wat hulle kry.

Die donasies wat oorbly nadat hulle die gesinne gehelp het, verkoop hulle in hul liefdadigheidswinkel. Die opbrengs uit die verkope word weer teruggeploeg om ander te help. In die winkel by hul nuwe kantore by Naudestraat 83 kan mens goedere koop met kontant, of mens kan niebederfbare kos waarvan die vervaldatum nie verstryk het nie, vir iets ruil wat mens nodig het.

Hulle vra dingend vir skenkings van kos, kombuisware, klere, ‘n vrieskas om kosdonasies vars te hou, en miskien ‘n skootrekenaar en drukker vir die organisasie.

Ons werk nie net in Krugersdorp nie, ons gaan waar ons mense kan bereik,” het Yolande gesê.

Indien jy wil of kan help, skakel gerus vir Yolande by 062 748 4657.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button