CrimeNews

Diefstal die top misdaad vir Mogale City – EPR

Van die 17 insidente wat by EPR-sekuriteit aangemeld is, was ses vir diefstal en een vir poging tot diefstal.

EPR-sekuriteit het hul insidentverslag bekend gemaak vir die tydeperk tussen 16 en 22 Augustus, waartydens 17 insidente in Mogale City by hulle aangemeld is.

Johan Krogh, die bestuurder van EPR aan die Wes-Rand het vertel dat diefstal die top misdaad in die area was.

Uit hierdie 17 insidente was sewe vir diefstal of poging tot diefstal; drie vir huisbraak of poging tot huisbraak; twee vir roof; twee vir saakbeskadiging; een mediese geval; een betreding; en een vir die afvuur van ‘n vuurwapen.

Tien van die 17 insidente het by besighede plaasgevind.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se insidentverslag van 16 tot 22 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button