Local newsNews

Proties haal uit en wys op kultuur- en sportgebied

Laerskool Protearif-leerders het die skool se naam hoog gehou op sport- en kultuurgebied.

Vyf leerders van Laerskool Protearif het onlangs naam gemaak toe hulle aan die Hoërskool Monument en die Randfontein Arts and Culture Association (RACA) Eisteddfods deelgeneem het.

Mia-Ne Lottering het vir haar blokfluitsolo (eie keuse) en klaviersolo (eie keuse) goud by albei die Eisteddfods ingepalm. Izé Jordaan het dubbel silwer vir haar vioolsolo (eie keuse) en Samuel Haywood het ‘n goud vir sy klaviersolo (eie keuse) by die Hoërskool Monument Eisteddfod verwerf.

Milan Blignaut het vir haar klaviersolo (eie keuse) ‘n dubbel gouemedalje en nog ‘n goud vir haar klaviersolo (20ste eeu) by die Hoërskool Monument Eisteddfod verwerf.

Danika Vermaak het ook by die Hoërskool Monument Eisteddfod vir haar kontemporêre klaviersolo goud en ‘n silwer vir haar klassieke klaviersolo verkry, asook ‘n dubbel silwer vir haar klaviersolo (eie keuse).

Op sportgebied is Kopano Phasha onlangs gekies om deel te wees van die o.13 Goue Leeus Rugbyspan. Hy speel al vier jaar rugby en is ‘n loskopstut. Hy is ook deel van die Wes Rand A-rugbyspan en ‘n kranige Springbok-ondersteuner. Sy rolmodelle is Os du Randt en Tendai Beast Mtawarira.

Kopano Phasha het ‘n blink rugbytoekoms.

Marais Botha is onlangs gekies vir die Gauteng-Wes Krieketspan. Hy speel al twee jaar lank krieket en het vertel dat hy ‘n goeie bouler is. Sy rolmodel is Protea-snelbouler Kagiso Rabada.

Marais Botha is onlangs gekies vir die Gauteng-Wes Krieketspan. Hy speel al twee jaar lank krieket en het vertel dat hy ‘n goeie bouler is. Sy rolmodel is Protea-snelbouler Kagiso Rabada.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button