Rowe en diefstal bly maar ‘n kommer soos aangedui in EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag.
Die verslagtydperk strek van 8 Augustus tot 5 September, en in die tydperk is daar 23 gevalle by die maatskappy aangemeld. Sestien van hierdie voorvalle het by besighede plaasgevind, en diefstal was heel bo aan die lys met sewe gevalle wat aangemeld is.
Daar is vyf saakbeskadigingsake aangemeld, vier roofvoorvalle en twee huisbrake. Ander insidente sluit in ‘n mediese geval, poging tot moord, aanranding, poging tot huisbraak en die besit van gesteelde goedere.
Johan Krogh, EPR se algemene bestuurder aan die Wes-Rand het gesê dat daar weer ‘n toename in rowe is in die area.
Inwoners word daaraan herinner om hul familie en werkers te waarsku om nie oop te maak vir vreemdelinge nie en seker te maak dat alle hekke gesluit bly.”
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

