Local newsNews

Foto van die week: Rus in die skemer

'Ek hoop dit inspireer die mense in dié mooi dorp' – inwoner Marco Labuschagne oor sy kiekie van die week.

Marco Labuschagne het ‘n asemrowende kiekie met die News gedeel wat hy gedurende ‘n sonsondergang in 2016 geneem het.

“Dit was laatskemer op ‘n Maandag en die week was al klaar te veel,” skryf Marco. “Ek het winkel toe gestap en afgekom op dié asemrowende gesig. Ek hoop dit inspireer die mense in dié mooi dorp.”

Die foto is met ‘n selfoonkamera in Voortrekkerstraat in Silverfields geneem.

Vereistes vir foto-inskrywings:
• Dit moet van ‘n hoë gehalte wees. Indien dit met ‘n selfoon geneem word, moet dit van dieselfde gehalte as dié van ‘n kamerafoto wees.
• Die lêer moet groter as 1MB wees.
• Die resolusie moet minstens 72dpi wees.
• Indien daar aan hierdie vereistes voldoen word, maar die gehalte van die foto is nie hoog genoeg om gedruk te word nie, sal die foto nie aanvaar word nie. Een so ‘n voorbeeld is ‘n foto wat in die donker sonder voldoende beligting geneem is.
• Die foto moet die persoon wat dit instuur, se eie intellektuele eiendom wees en nie aan iemand anders behoort nie.
• Die onderwerp van die foto moet interessant wees, of die foto moet op ‘n interessante manier geneem word.
• Die foto moet in die Mogale City-omgewing geneem word, of die fotograaf moet daar woon om in aanmerking te kom.
• Die fotospesifikasies soos ISO en sluiterspoed kan genoem word.
• ‘n Voor- en na-redigeringweergawe van die foto kan ingestuur word, wat moontlik langs mekaar gepubliseer kan word.
Bykomende vereistes:
• Gee die foto ‘n opskrif of ‘n titel.
• Gee ‘n byskrif waarin die onderwerp van die foto beskryf word.
• Noem die fotograaf se naam en van.
• Noem wanneer die foto geneem is.
• Noem die omgewing waar die foto geneem is (byvoorbeeld Noordheuwel).
Stuur foto’s as ‘n eposaanhegsel na jacoh@caxton.co.za. Foto’s wat in die Roodepoort-omgewing geneem is, kan moontlik in ons susterpublikasies Roodepoort Record of Roodepoort Northsider gepubliseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button