MunicipalNews

Leer jou DA-raadslid kandidate ken: Jaco Holtzhausen

DA Wyk 18-kandidaat Jaco Holtzausen beantwoord 'n paar vrae.

Jaco Holtzhausen, 54, Demokratiese Alliansie-kandidaat vir Wyk 18, wat Kenmare, Breaunanda en Silverfields insluit het onlangs die News se vrae aangaande die komende munisipale verkiesing beantwoord.

Lees ook: Councillors put on the spot: Introducing Mark Trump

1. Wat het jy gedurende jou vorige termyn as raadslid gedoen?
“In 2016 is ek as Proporsionele Verteenwoordiger as lid van die DA tot die raad verkies. Met my finansiële agtergrond het ek op die finansiële komitee gedien. Tydens my ampstermyn het ek verskeie wyke bedien en bygestaan waar daar dag tot dag spesifieke behoeftes ontstaan het. Tydens die agt maande wat die DA in beheer was van Krugersdorp is ek aangestel as lid van die Burgermeesterskomitee: Finasies.”

2. Indien jy verkies sou word, waarop sal jy fokus en hoekom?
“Ek beskou kommunikasie met die gemeenskap, beskikbaarheid vir die gemeenskap en versekering van dienslewering ‘n basiese taak en verantwoordelikheid waarmee elke raadslid daagliks besig moet wees. Ek glo egter dat die groter uitdagings van Wyk 18, soos die jarelange watervoorsieningsprobleem (agv verouderde infrastruktuur) slegs opgelos kan word indien die DA aan bewind kom.”

3. Hoekom moet die gemeenskap vir jou stem?
“Ek het vertroue in die DA-model oor hoe ‘n munisipaliteit bestuur moet word. Ons kan slegs ‘n impak maak as die gemeenskap in hul massas opdaag om te stem. Elke stem gaan tel en kan die DA nader bring aan ons doel om Mogale City ook een van die top 10 munisipaliteite in die land te maak met volhoubare dienslewering, gesonde finansies en gelukkige inwoners.”

4. Watter ondervinding het jy wat jou uniek geskik maak vir die amp as raadslid?
“Ek het die afgelope vyf jaar waardevolle kennis en ervaring as raadslid opgedoen. Ek het myself ook in Korporatiewe Munisipale Bestuur aan die Universiteit van die Witwatersrand gekwalifiseer wat saam met my finansiële agtergrond van kardinale belang sal wees om die munisipaliteit tot verantwoording te bring.”

Die munisipale verkiesing vind plaas op Maandag, 1 November.

Kandidaatraadslede wat hulself aan die publiek wil voorstel deur die News se Get to Know Your Candidate segment word gevra om die News voor Donderdag, 21 Oktober te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button