Local newsNews

Kolwyntjies vir kinders met kanker

Die kolwyntjie-engele van Cupcakes of Hope kon onlangs weer 'n stalletjie by die Key West-winkelsentrum opslaan om geld in te samel vir die organisasie.

Die Cupcakes of Hope-span kon weer hul jaarlikse fondsinsameling hou deur kolwyntjies te verkoop om geld in te samel vir kinders met kanker.

Nadat hulle verlede jaar hul kolwyntjies aanlyn moes verkoop, kon die span weer op 25 September ‘n stalletjie by die Key West-winkelsentrum gaan opslaan.

Bianca van Vuuren en die jongste Cupcake Angel, Maylin van Vuuren. Foto ingestuur.

Bianca van Vuuren wat elke jaar deel is van hierdie inisiatief het gesê dat hulle so om en by 1 500 kolwyntjies verkoop het.

Sy het vertel dat daar daagliks nuwe pasiënte by die Cupcakes of Hope-organisasie geregistreer word. Met die fondse wat ingesamel word, help die organisasie hierdie pasiënte en hul families deur hospitaalrekeninge te betaal, kos te koop, vervoer te verskaf en vir kunsledemate te help betaal, waar daar ook al nood is.

Daar was kolwyntjies van alle kleure en geure. Foto ingestuur.

Sy het gesê dat die nood regtig groot is.

“Met Covid-19 kon ons nie verlede jaar by baie van die winkels verkoop nie; selfs vanjaar het net sekere winkels ons toegelaat. Dit is ons grootste fondsinsameling van die jaar en ons bid vir die beste.”

Sy bedank graag elke persoon wat kolwyntjies gebak het, asook dié wat by hulle kom koop het.

“Sonder hulle kan ons dit nie doen nie.”

Wat vir Bianca uitgestaan het was toe ouers – wat self kinders weens kanker verloor het – spesiaal hul inisiatief gaan ondersteun het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button