Local newsNews

Die hartseer verhaal van Jolly – met ‘n goeie einde

Amanda Kleingeld is bekend vir die passie waarmee sy diere help en sy het onlangs verseker dat Jolly 'n nuwe huis kry.

oos altyd het Amanda Kleingeld van die Esperanca Foundation Animal Care weer haar hart oopgemaak teenoor ‘n dier in nood. Daarom het die storie ‘n goeie einde.

Amanda het vertel dat Jolly, ‘n jaaroue pit bull-kruising, een van die honde was wat sy gereeld kosgegee het.

“Ek het gesien sy is gebyt maar ek kon nie in die erf inkom nie,” het sy vertel.

Sy het toe die volgende dag teruggegaan om met die eienaar te gesels. Sy het gevra hoekom Jolly so lyk en die eienaar het haar vertel dat een van haar ander honde vir Jolly gebyt het.

“Ek het vir haar gesê ek vat vir Jolly en sy gaan haar nie weer terugkry nie! Die arme dier was erg getraumatiseerd.”

Jolly kry ‘n lekker bak kos. Foto ingestuur.

Daarna is Amanda met die beseerde Jolly na die Silverfields-veearts waar sy die nodige hulp gekry het.

Sy het vertel dat sy dadelik vir Jolly ‘n huis begin soek het en met die hulp van ‘n ander organisasie die perfekte huis in Honeydew gekry het waar sy baie liefde kry.

Jolly is deur ander honde gebyt. Foto ingestuur.

“Ek besoek haar gereeld en sy is baie gelukkig,” het sy trots vertel.

Amanda doen baie goeie werk in die gemeenskap en gee gereeld diere kos uit haar eie sak. Sy het altyd hulp nodig en het gevra of iemand dalk kan help met die veeartsrekening vir Jolly se inentings en sterilisering.

Jolly het ‘n nuwe kans op ‘n gelukkige lewe gekry. Foto ingestuur.

Enigiemand wat graag die organisasie wil ondersteun kan ‘n donasie maak deur die volgende besonderhede te gebruik: FNB Tjekrekening, Silverfields Vterinary, rekeningnommer: 62451359204, takkode: 250141 met die verwysing The Esperanca Foundation.

Vir meer inligting oor die organisasie skakel gerus vir Amanda by 072 276 7211.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button