Local newsLocal sportNewsSport

Ritmia Gemeente-fietsryers gee alles by Cradle Moon

Ritmia Gemeente het onlangs hul eerste Riem en Rat-wedloop aangebied en dit was 'n reuse sukses.

Lede en ondersteuners van die Ritmia Gemeente het onlangs hul rieme styfgetrek en hul ratte ingestel vir die gemeente se heel eerste Riem en Rat-wedren.

Reg om die 20km by Cradle Moon aan te pak.

Teen 07:00 op Saterdag, 16 Oktober het fietsryers en drawwers reeds begin opwarm vir die roetes wat hulle deur die bekende Cradle Moon moes volg.

Freddie en CJ Fourie by die wegspringplek vir die 10km-fietswedren.

Daar was 132 deelnemers aan Ritmia se pretdag waarvan die doel was om die gemeente ‘n bietjie aktief te hou en uit die huis te kry na die inperkingstyd. Daar is gevolglik geen wenners aangewys nie.

Irma Visagie, Darius van der Schyff, Johann van Vuuren en Emma Gibbs is opgewarm en reg vir draf.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button