Local newsNews

‘n Lekker kuier saam met Moria, die Moerbeie en die Kleilatte

Residentia Moria het onlangs hul lentekermis aangebied en dit was beslis 'n pretdag vir almal.

Krugersdorp-Noord was onlangs vol lewe toe Residentia Moria hul jaarlikse lentekermis aangebied het.

Heilie van der Merwe van die tehuis het vertel dat hulle graag ‘n pretdag vir die inwoners en gemeenskap wou hou – êrens waar hulle ‘n bietjie kon uitkom en net hulself geniet.

Die kermis is ook ‘n manier om fondse in te samel vir die tehuis wat dit dringend nodig het.

So baie broodrolletjies om te smeer, maar Elzaine van Wyk en Hanri van der Merwe was reg vir die taak.

Op Saterdag, 16 Oktober is verskeie stalletjies opgestel, en een van die groot trekpleisters was beslis die kermiskos. Boerierolle, jaffels, pannekoek, vetkoek en poeding was maar net ‘n paar van die soorte smullekker kos wat te koop was.

Daar was ook springkastele vir die kinders, en die Moerbei Orkes en Kleilatte het almal deur die dag vermaak met hul musiek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button