AfriForum het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê dat hulle sal aanhou druk toepas op die Mogale City-munisipaliteit om te verseker dat die Bob van Reenen Stadion nie ‘n wit olifant bly nie.
In die verklaring wat op Woensdag, 10 Oktober vrygestel is het hulle gesê dat hulle daardie selfde dag weer ‘n skrywe aan die munisiplaiteit gerig het om die sportstadion te heropen. Hulle het reeds vroeër vanjaar soortgelyke skrywes aan die munisipaliteit gestuur.
Also read: [LETTER] Bob debate: Sport centre can’t guarantee the kids not being homeless in the future
“Hoewel die heropening van dié sportstadion ‘n brandpunt in die gemeenskap is, blyk dit dat die munisipaliteit in geen haas is om iets daaraan te doen nie. Skrywes is al deur AfriForum en ander instansies gerig, en Martin Lombard, AfriForum se takvoorsitter in Krugersdorp het ook al op publieke forums die munisipaliteit gevra om ‘n antwoord te gee,” het die verklaring gelees.
Also read: LETTER: Councillor’s response to the Bob debate
Volgens die verklaring het ander organisasies en politieke partye reeds hul steun aan AfriForum toegesê om die stadion weer oop te kry. Die munisipaliteit is blykbaar ook tydens ‘n onlangse vergadering versoek om met alle rolspelers in gesprek te tree sodat die beste oplossing gevind kan word.
Also read: LETTER: ‘Choosing sports over the homeless means we don’t care’
“AfriForum sal aanhou druk toepas om toe te sien dat hierdie sportstadion nie ‘n wit olifant bly nie, maar aangewend kan word om die gemeenskap te bevorder,” het Martin gesê.
