Local sportNewsSchoolsSport

Norie-krieketster gekies vir Proteas o.19A-span

Hoerskool Noordheuwel-leerder Ronan Herrmann het onlangs die Proteas se o.19A-span gehaal.

Hoërskool Noordheuwel kan vanjaar spog met een van die uitblinker-krieketspelers in Suid-Afrika.

Vir Ronan Herrmann wat reeds vanjaar vir die Gauteng o.19A-krieketspan gekies is, was dit nie goed genoeg nie … Na ‘n seisoen van briljante vertonings op die krieketveld is hy boonop in die Proteas se o.19A Wêreldbekerspan opgeneem wat in 2022 in die Wes-Indiese Eilande gaan toer.

Sonet Guy, Noordheuwel se kommunikasieverteenwoordiger het verduidelik, “Ronan het in 2017 as ‘n Graad 8-leerder by Noordheuwel begin en dadelik sy merk op die krieketveld gemaak. Hy teken daardie seisoen amper 1 300 lopies aan. Die volgende jaar het Ronan meer as 1 000 lopies aangeteken. Hy is boonop vir die Gauteng o.15A-span gekies en is tydens die Nasionale Week as een van die Top 5-lopievrate en as Gauteng se o.15 Speler van die Jaar aangewys.

“In 2019 het hy reeds vir Noordheuwel se eerstespan gespeel en was ook ‘n lid van die Gauteng o.17A-span. In 2020 het Covid-19 getref, maar Ronan is steeds in die Gauteng 19A-span opgeneem wat aan die CUBS-week in Stellenbosch deelgeneem het. Later is hy ook gekies vir die SA o.19-oefengroep.”

Back to top button