Hier is die News se vakansieblad-kompetisiewenners
Twee wenners in die vakansieblad-kompetisie vir kinders wat in die 24 Desember-uitgawe van die Krugersdorp News verskyn het, het onlangs hul pryse ontvang.
Die 2021 jaareind-skoolvakansie was reeds goed aan die gang toe die laaste gedrukte uitgawe van die Krugersdorp News net voor Kersfees by inwoners se huise afgelewer is.
Wetend dat kinders teen daardie tyd op soek sou wees na enigiets om hulle besig te hou het die News besluit om ‘n vakansieblad vol pret in die 24 Desember-uitgawe in te sluit. Kinders kon verskeie woordsoek-, doolhof-, sudoku-, teken- en inkleurspeletjies voltooi.
Kinders kon ook ‘n ouer vra om ‘n foto van die voltooide speletjies te neem en deur WhatsApp aan die News te stuur om ‘n kans te staan om ‘n speelgoedpak as prys te wen. Talle het so gemaak en ‘n seuns- en dogterwenner is in die eerste week in Januarie gekies.

Kayleigh Schalkwyk, 9, het die blad ontdek en gou aan die werk gespring. Sy het verduidelik dat sy dit veral geniet het om die skoenlapper in te kleur.
Reuben van Biljon, 5, het verduidelik dat sy ouma die speletjie gesien het en vir hom gevra het om dit te voltooi en in te skryf. Sy broer het hom gehelp. Reuben het gesĂȘ dat hy veral die woordsoekspeletjies geniet het.
