Local newsNews

BRIEF: Ons antivaksers se versoek

'Die golf van kundige dokters, wetenskaplikes en ander kundiges, hier en oorsee, wat betrokke is by die beweging om die publiek te wys op die gevare van die jab, raak by die dag groter en hulle verrig 'n reusetaak teen die narratief.' – inwoner.

• Kobus Marais skryf:

Ek dien as Wes-Rand-leier van die African Covenant Politics Unusual Party. Ons het al met ‘n horde klagtes te doen gekry van slagoffers wat negatiewe komplikasies na vaksinering ondervind het.

Dit is so dat níemand ‘n ander kan aansê om die entstof te neem nie, maar dit lyk tog of mense met berigte of advertensies gemanipuleer word om dit te doen. Ons kry ook baie herhaalde SMS’e hieroor van ‘Stay Safe’.

Ons wíl nie meer die goed sien nie, want dit bring net slegte nuus van dood, en baíe negatiewe komplikasies, wat ook nie in énige koerant gepubliseer word nie. Indien u die gemeenskap dien is dit u plig om almal te verteenwoordig, ook die slagoffers van die inspuiting. Dit is belangrik dat die publiek beide kante hoor.

Dit sal ook help dat hulle betyds die regte mediese advies inwin aangesien bloedklonte behandel kan word as daarvoor getoets word, en lewens so gespaar kan word.

In een van die berigte word daar genoem dat ‘n sekere hoeveelheid gevaksineerdes níe vir ‘n volgende dosis gaan nie. Die owerheid moet dus verstaan dat mense se oë oopgaan en die publiek wat nog twyfel, se twyfel behoort uit die weg geruim te word.

Daar is verskeíe Facebook-verslae van slagoffers wat siek of dood is na Covid-entstoftoedienings. Ons kan dit géénsins aanvaar nie! Sulke inskrywings word ook verwyder, of betrokkenes word in fb gesnoer, of opwipboodskappe verskyn wat sê vaksinering is veilig. Dit is vals en die publiek wat die feite gee se monde word gesnoer.

Daar is ook verskeie groepe soos www.covidcarealliance.com, wat die ganse mensdom sover moontlik waarsku teen valse aanbeveling van die vaksinering, en ons wat op grondvlak daarteen moet werk, omdat ons daagliks gekonfronteer word met te veel mense wat slegte nagevolge hiervan beleef.

Daar is slagoffers wat ook deel is van hierdie groepe wat nooit ten gunste van die mRNA-vaksinering kan of sal praat nie.

Ons Skepper, God Almagtig is ook níe ten gunste hiervan nie, want die lewens van die slagoffers, asook betrokke families word negatief hierdeur geraak. Dit is reeds uitgewys dat sekere sterktes van die spuitstof ‘n persoon se DNA kan verander sodat die persoon beheer kan word.

Ons sal dus alles in ons vermoë doen om ter beskerming van menselewens, ook geverifieerde inligting te deel wat aan ons voorsien is. Ons versoek dus dat u ook vir ons berigte plaas van slagoffers wat die waarheid sal praat hieroor. Dit is ‘n relevante en gepaste onderwerp vir ‘n joernalis met integriteit om ‘n artikel te plaas oor die onderwerp.

Ons mense van die Covid Care Alliance-groep waaronder deskundiges op verskeie gebiede, is besig met gróót werk ter beskerming van lewens en die opheffing van werkers wat gedwing word om hulle te laat inent. Die golf van kundige dokters, wetenskaplikes en ander kundiges, hier en oorsee, wat betrokke is by die beweging om die publiek te wys op die gevare van die jab, raak by die dag groter en hulle verrig ‘n reusetaak teen die narratief.

Ons wil dus ‘n ernstige beroep doen op u om joernalistieke integriteit te toon en om berigte te plaas oor die ander kant van die storie. U behoort te weet van die beginsel van audi alteram partem (luister na die ander kant). U kan nooit die publiek dien, soos u moet as u legitiem wil wees, as u nie beide kante aanhoor en beide kante plaas nie. Dit kan ook nie selektief wees om net die minder negatiewe te publiseer nie.

Een van die prokureurs in die Covid Care Alliance-groep het juis genoem sy kan die koerant maande lank besig hou met inligting oor ware hartseer menseverhale wat teen vaksinering spreek. Ons kan en sal help met feitlike inligting hieroor.

Indien menselewens en die gesondheid van lesers vir u belangrik is smeek ons dat ons ook gehoor word en dat dit in u koerant gepubliseer word. U behoort nie te identifiseer met enige kant nie. U moet net die feite gee. Inligting is van kardinale belang wanneer mense gekonfronteer word met simptome en wonder of dit moontlik deur die jab veroorsaak is.

Die inligting sal mense in staat stel om ‘n ingeligte besluit te neem oor die newe-effekte, al weet ons steeds nie wat in die volsterktespuitstof is nie.

Mense sal juis nie verder wil vaksineer nie, omdat hul besig is om die waarheid hieroor raak te sien. Vir party is dit egter al te laat.

Help ons dus hiermee; dis ons versoek!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button