Local newsNews

BRIEF: Inwoners doen die werk terwyl die munisipaliteit terugsit

'As die beskaafde inwoners op hul eie onkoste herstelwerk doen, is daar mos meer geld wat ons kan steel of vreet!' – inwoner.

• Jacobus Jacobs skryf:

Hierdie skrywe bedank al die inwoners wat op hul eie onkoste slaggate vul, gras sny, rioolpype oopmaak en al die gemors verwyder.

Dit word regtig waardeer.

Ongelukkig, dink ek, skep dit ‘n verkeerde indruk. Die nuttelose munisipaliteit en sy amptenare verantwoordelik vir die regstelling van al die probleme sit lekker terug in hul gemakstoele want die beskaafde inwoners doen die werk op hul eie onkoste!

Die jaarlikse begroting (wat is dit, kan ek dit steel of vreet?) het mos klaar vir al die werke begroot.

As die beskaafde inwoners op hul eie onkoste herstelwerk doen, is daar mos meer geld wat ons kan steel of vreet!

Indien my siening verkeerd is, vra ek om verskoning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button