Local newsLocal sportNewsSport

Sterkman was Jacques se kinderdroom bewaarheid

Jacques du Plessis het uiteindelik sy droom bewaarheid en het baie goed gevaar tydens sy eerste Sterkman-kompetisies.

Toe die News verlede jaar by Jacques du Plessis ingeloer het was hy reg om sy jarelange droom te bewaarheid en aan sy eerste Sterkman-kompetisie deel te neem. Nou het hy reeds twee kompetisies agter die rug en spog met ‘n derde plek by die Afrika-kampioenskappe.

Hy het verlede jaar aan die Arnold Classic Africa-kompetisie deelgeneem waar hy tweede geëindig het in die Masters-klas, en negende algeheel.

Hy het daarna in November aan die African Union Strongman-kampioenskappe in Mosselbaai in die Open Masters-klas novice deelgeneem. Daar was atlete van regoor Afrika en Jacques nog ‘n novice het trots met die derde plek weggestap.

Toe hy gevra is hoe dit gevoel het om uiteindelik sy droom te kon bewaarheid het hy geantwoord dat dit tien keer beter was as wat hy verwag het.

“Dit was my kinderdroom. Ek het altyd na die Sterkman-kompetisies op TV gekyk en sou nooit kon dink dat ek dit self sou kon doen nie,” het hy vertel. Hy het bygevoeg dat dit ‘n dream come true was.

Soos vir meeste ander het die afgelope twee jaar ook vir Jacques baie hoogte- en laagtepunte gebring en hy het hy vertel dat die moeilikste deel van hierdie ervaring was om altyd gefokus te bly.

Hy is baie dankbaar vir sy afrigter, Gerhard van Staden wat hom gehelp het om te kom tot waar hy nou is. Hy het ook onlangs by die @VDS Square Academy aangesluit wat verlede September by die Ruimsig Golfklub geopen is en waarvan Johan van der Schyff en sy vrou Michelle die eienaars is. Hulle het ‘n nuwe benadering tot oefen, en Jacques se oefenroetine is reeds so ‘n bietjie aangepas.

Johan is gebore met ‘n toestand bekend as Pectus excavatum wat beteken dat sy borsbeen en ribbekas abnormaal ontwikkel het, en sy borskas versonke is. Die toestand kan ook hart- en longprobleme veroorsaak.

Johan laat egter nie toe dat sy gesondheidsprobleme hom onderkry nie en wil graag mense in dieselfde bootjie as hy help. Hy het gevolglik ‘n boek geskryf met spesifieke oefeninge vir mense wat aan dieselfde toestand ly, maar ander daarsonder kan ook by die oefeninge baatvind. Hierdie oefeninge word gedoen met weerstandsbande, en Johan het selfs ‘n oefenmasjien ontwikkel wat met weerstandsbande werk.

Johan het vertel dat die masjien alles doen wat gewigte kan doen, en meer, maar weerstandsbande word in plaas van gewigte gebruik.

“Met weerstandsbande kan jy sportkondisionering doen want jy boots die aksie na,” het Johan gesê.

Gewone gewigte kan jy net optel totdat die gewig bo vashaak, het hy verduidelik, maar met die weerstandsbande kan jy die hele aksie voltooi, en selfs meer doen. Hy gebruik dit ook wanneer hy rugby- en golfspelers, asook ander sportpersone help om ‘n spesifieke oefening te doen.

Die masjien is boonop baie meer beskostigbaar as gewone oefenmasjiene, en Johan het reeds van hulle ontwerp en by hoërskole en skole vir outismelyers geïnstalleer.

Jacques het vertel dat vandat hy met die weerstandsbande begin oefen het, hy baie meer geteikende spiergroepe oefen en sy tegniek ook beter kan toepas.

Hy oefen tans vir ‘n hele paar kompetisies wat dié jaar plaasvind, onder andere die National Log and Deadlift-kampioenskappe in Maart asook die Afrika-kampioenskappe later vanjaar.

Indien jy meer oor hierdie masjiene wil uitvind kan jy vir Johan skakel by 063 4455 931, of vir Michelle by 083 729 2515.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button