Local newsNews

Koedoe Park in Rant-en-Dal kry aandag

Raadslid Aloysha Jooste, AfriForum Krugersdorp en Levanté Farming het onlangs saamgewerk om Koedoe Park skoon te maak.

Koedoe Park in Rant-en-Dal is een van die min openbare parke wat nog in Krugersdorp oor is.

Hoewel families nie juis meer smiddae en oor naweke parke besoek nie is dit nogtans belangrik om hierdie natuurlike openbare ruimtes te onderhou.

Raadslid Aloysha Jooste probeer al ‘n ruk lank om die heuphoogte gras in Koedoe Park te laat sny en die omgewing in die algeheel vir die inwoners te laat skoonmaak.

Nadat AfriForum Krugersdorp haar toestemming gevra het om die park op te ruim het Aloysha met Levanté Farming gereël dat hulle twee trekkers en werkers vir die dag borg om die park weer in ‘n goeie toestand te kry.

Dit het die grootste deel van Saterdag, 29 Januarie in beslag geneem om die gras te sny en in bale te rol, en hulle het boonop die papier- en plastiekrommel die daaropvolgende Maandag verwyder.

Dit is om veiligheidsredes nodig dat ons hier sny omdat die lang gras wegkruipplek bied. Baie mense kom stap oor naweke hier met hul honde, en kinders speel dikwels op die speelrame,” het Aloysha verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button