Local newsNews

Gemeenskap groet geliefde Rant-en-Dal aptekersassistent

Die gemeenskap is in rou gedompel toe hulle uitvind dat 'n geliefde aptekersassistent, Jaco Harmse die afgelope naweek skielik oorlede is.

Vir baie jare was Jaco Harmse die persoon tot wie die gemeenskap hulle gewend het as hulle hulp nodig gehad het. Op 5 Februarie, presies ses jaar na sy oupa se skielike dood, is hy van sy familie af weggeruk.

Lia, met wie Jaco nagenoeg ses jaar getroud was, het vertel dat hy sy gemeenskap as sy eie familie beskou het en selfs in die vroeë oggendure oproepe sou beantwoord as iemand hulp nodig gehad het.

Jaco was 41 en het in Carletonville grootgeword. Hy het aan Hoërskool Jan de Klerk gematrikuleer, waarna een van sy onderwysers hom gevra het of hy in die apteek wou gaan werk.

Jaco Harmse is skielik in die ouderdom van 41 oorlede. Foto ingestuur.

Daar het hy verlief geraak op sy werk en op die mense. Hy het in die 22 jaar in net drie apteke gewerk waarvan die afgelope ses jaar by Rant-en-Dal Apteek was.

Sy vrou het vertel dat Romeine 14:7 hom as mens die beste opsom.

Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie”.

Lia het vertel Jaco en sy oupa dikwels saam visgevang het. Na sy oupa se dood het hy begin gholf speel en hy het dit net so geniet soos om tyd langs die viswater deur te bring.

“Hy is oral waar ek gaan; ek sien hom in alles,” het Lia vertel

Jaco word oorleef deur Lia, sy ma, pa en sussie, asook die paartjie se drie hondekinders. Sy vriende, kollegas en die gemeenskap is saam met sy naasbestaandes in rou gedompel.

Hy los ‘n legacy,” het Lia gesê.

Jaco se gedenkdiens word op Vrydag, 18 Februarie gehou. Die diens vind om 14:00 by die Môrester Kampterrein plaas, en Lia het gesê dat enigiemand wat vir Jaco geken en liefgehad het, welkom is om die diens by te woon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button