NewsSchools

Alex Rademan – Die nuwe hoof by Hoërskool Bekker

Hoërskool Bekker het onlangs hul nuwe skoolhoof verwelkom en die News het 'n bietjie by hom ingeloer.

Hoërskool Bekker het hul nuwe jaar sommer op ‘n opwindende noot afgeskop met die verwelkoming van hul nuwe hoof, Alex Rademan op 31 Januarie.

Die News het by Alex ingeloer om ‘n bietjie meer oor hom uit te vind.

Alex is 54 jaar oud en het vertel dat hy as ‘n beginner-onderwyser in 1994 by Laerskool De Beer in Welverdiend begin skoolhou het voordat hy in 1999 as die hoof van Laerskool Hekpoort aangestel is.

Hy het aan Hoërskool Mafikeng gematrikuleer en is daarna vir twee jaar weermag toe. Hy het daarna aan die Potchefstroomse Onderwyskollege studeer en is nou reeds 28 jaar in die onderwys.

Kinders en onderwys was nog altyd my passie. Om daagliks die verskil te sien, te beleef en te ervaar wat ons as onderwysers in die kinders se lewens maak, is beter as om die Lotto te wen. Daar is vir my niks lekkerder as om my oudleerders raak te loop en te hoor van hul suksesse nie.”

Alex het vertel dat hy in sy vrye graag gholf speel. Hy hou ook van 4×4 en kamp graag.

Wanneer dit kom by die dinge waarop hy wil fokus noudat hy die hoof is, het hy vertel dat Hoërskool Bekker reeds op akademiese gebied baie goed vaar.

“Ons is met ons matriekuitslae onder die top 5-skole in Gauteng-Wes,” het hy gesê en bygevoeg dat hy graag hierop wil voortbou en verbeter.

Hoërskool Bekker is egter ook ‘n landbouskool en dit is my doelwit om dit as een van die top landbouskole in die land te maak. Ons gaan fokus op die plaas, die ontwikkeling van jong, opkomende boere (seuns en dogters), en om weer die liefde vir boerdery aan te wakker en te kweek. Ons land het passievolle boere nodig wat ingeligte besluite met die nodige kennis en ervaring kan neem.”

Hy beskou elke dag as ‘n geleentheid, en glo dat mens hierdie geleenthede moet aangryp, “… want droom gee rigting, dit verhoog jou potensiaal en dit help jou om jou prioriteite te bepaal”.

Die drie kernwaardes wat hy graag by die leerders wil kweek is eerstens dat gesindheid jou vriend of vyand kan wees.

“Maak ‘n punt daarvan om elke dag met ‘n positiewe gesindheid aan te pak.”

Tweedens glo Alex dat respek vir jou medemens baie deure kan oopmaak, en derdens dat dissipline op alle terreine jou sal help om sukses te behaal.

My boodskap is dat die sukses van die skool nie bepaal word deur die hoof, personeel of leerders nie. Dis ‘n spanpoging wat onderwysers, ouers, leerders, die beheerliggaam en die gemeenskap insluit. Ek sien uit om die potensiaal van Hoërskool Bekker ten volle te ontgin en die skool na hoër hoogtes te lei.”

En waar dink meneer Rademan die beste? Hy het vertel dat min mense weet dat wanneer hy op die skool se grassnyer klim en die rugby- en atletiekvelde sny, dit sy beste dinktyd is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button