NewsSchools

Bastion speel gasheer vir Riebeeckrand- en Allen Glen-atlete

'Buiten Covid wat ons verhinder het om so 'n byeenkoms aan te bied, was die weer ook 'n faktor.'

Hoërskool Bastion kon op Woensdag, 9 Februarie vir die eerste keer in drie jaar ‘n behoorlike atletiekbyeenkoms aanbied.

Topatlete van Hoërskool Riebeeckrand en Allen Glen High School is genooi om aan die vriendskaplike byeenkoms op Hoërskool Bastion se sportgronde deel te neem.

Christiaan Harmse by die gewigstoot. Foto: Alanicka Lotriet.

“Ons het baie daarna uitgesien dat die atlete weer kon kragte meet. Buiten Covid wat ons vir die afgelope paar jaar verhinder het om so ‘n byeenkoms aan te bied, was die weer ook ‘n faktor,” het byeenkomsorganiseerder Quintus Writes vertel.

Die atlete oefen so hard, en as ons weer sien word die byeenkomste uitgestel of afgestel as gevolg van reën. Ons is dus baie dankbaar dat die weer saamgespeel het. Die atlete het uiteindelik die geleentheid gehad om hul vaardighede en talente op die proef te stel.”

Zander Joubert is so lig soos ‘n veer. Foto: Alanicka Lotriet.

Die top drie atlete van elke skool kon deelneem aan items soos 80m, 150m, 300m, 600m, hoogspring, verspring, diskus, spiesgooi en gewigstoot.

“Baie dankie aan elkeen wat bygedra het tot die sukses van die byeenkoms. Dit was vir ons vreeslik lekker om die gaste en atlete by die skool te verwelkom en ons hoop om hulle gou weer te sien. Ons as personeel, bestuur en beheerliggaam is ongelooflik trots op elkeen van die atlete wat alles gegee het. Ons wens hulle ook sterkte toe met die res van die atletiekseisoen,” het Quintus ten slotte vertel.

Brendan Botha in aksie. Foto: Alanicka Lotriet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button