Local newsNews

Luipaardsvlei-bejaardes kuier in OppieKoffie

Vir 'n aantal inwoners van die Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes het 'n droom op Donderdag, 10 Februarie waar geword toe hulle op stel was toe 'n 7de Laan-episode verfilm is

Die sepie wat Suid-Afrikaners nog die langste voor die kassie vasgenael hou, 7de Laan is nou al vir sowat 22 jaar deel van baie Afrikaanses se lewens. Daarom is dit baie van die aanhangers se groot droom om op die program te verskyn.

Vir ‘n aantal inwoners van die Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes het daardie droom op Donderdag, 10 Februarie waar geword toe hulle op stel was toe ‘n 7de Laan-episode verfilm is.

Die groep het om ‘n tafel in 7de Laan se OppieKoffie-koffiehuis gesit om ‘n spesiale verjaarsdag te vier. Die verjaarsdagvrou, tannie Rachel Jansen van Vuuren het ‘n praatrol gehad en vir die jonge Eddie Peterson (vertolk deur El-Kody Langeveldt) met sy eie verjaarsdag geluk gewens.

Tannie Alida Labuschagne het gesê, “Dit was ‘n belewenis! Ons is op die hande gedra.”

Inwoners van die Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes op die stel van 7de Laan. Foto ingestuur.

Amy Steyn, VF+ raadslid vir Mogale City wat gereeld uithelp by die tehuis het vertel, “Daar was ‘n oomblik toe oom Johan van Staden vergeet het om sy selfoon af te skakel.

Almal het so lekker gelag want tannie Carina Jooste het vir hom gesê sy telefoon lui en hy moes dit beantwoord. Daar is toe ‘Cut-Cut!’ gesê en die toneel moes oorgeskiet word. Daar is altyd tyd om te lag. Tannie Carina se neef, David Rees vertolk die rol van Chris Welman. Hierdie groep mooi bejaardes het weer bewys dat ouderdom nie saak maak nie.”

Die vervaardigers van 7de Laan het die bejaardes so op hul Facebook-blad bedank. “Baie dankie aan Luipaardsvlei wat hul bejaardes toegelaat het om deel te wees van vanaand se episode. Hulle het soveel pret gehad op die stel en was ‘n absolute plesier om mee te werk!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button